Month: Junie 2019

Dankie, Pa

In die VSA word daar meer langafstandoproepe op Moedersdag gemaak, as op enige ander dag in die jaar. Maar op Vadersdag word hoofsaaklik kollekteeroproepe gemaak. Dit wil voorkom asof kinders nog op hulle vaders staatmaak om in hulle behoeftes te voorsien, selfs as hulle al uit die huis en ver weg is. Maar vaders is nodig vir baie meer as…

Kortstondigheid van die lewe

Op die 19de Oktober 2008 het ek die nuus verneem dat Levi Stubbs oorlede is. Hy was die voorsanger van The Four Tops sanggroep van Motown en as jong seun het ek hulle musiek baie geniet. Stubbs was 72 jaar oud en ’n emosionele sanger. Ek het hom nooit ontmoet of een van sy konserte persoonlik bygewoon nie, maar die…

Wat is nog seker?

Gedurende die wêreldwye finansiële krisis van 2008, het ’n weduwee ’n derde van haar inkomste verloor toe haar betroubare bank ineengestort het. Die Wall Street Journal het haar tranerige reaksie op die krisis aangehaal, omdat baie mense op soortgelyke wyse getref is: “’n Mens dink net. So iets kan mos nie gebeur nie? Wat is dan vandag nog seker?” Tragedies…

Waarom ly?

Jesus het geleer dat God se gesigspunt ten opsigte van die wêreld ten gunste is van diegene wat onderdruk word. Hierdie lering word ook duidelik uit die Bergpredikasie. Jesus sê onder andere: “Baie wat eerste is, sal laaste wees” (Matteus 19:30; Markus 10:31; Lukas 13:30). Hy sê ook: “Elkeen wat nederig is, sal verhoog word” (Lukas 14:11;18:14). Waarom sou God…

Die splinter

Dit was net ’n stofdeeltjie, ’n splinter, wat op ’n winderige dag deur die lug gewaai het. Ek was besig om ons grasperk te sny en op een of ander manier het die splinter in my linkeroog beland. Vir die volgende paar ure het daardie splinter vir my baie irritasie veroorsaak. Ek het probeer om dit met water uit te…

’n Pragtige melodie

Gedurende die lente van 2009 het Susan Boyle deelgeneem aan die Britain’s Got Talent kompetisie. In vergelyking met ander deelnemers, het sy maar bra onindrukwekkend voorgekom. Niemand het baie van haar verwag nie, totdat sy die mikrofoon na haar lippe gebring het. En toe sy begin sing, was die beoordelaars aangegryp deur die skoonheid en krag van haar stem. Haar…

Die goeie storie

Persone aan die universiteit van Chicago, het toetse gedoen wat bewys dat mense negatiewe beelde beter as positiewe beelde onthou. Alhoewel mense beweer dat hulle wil wegdraai van al die negatiewe nuus in die media, is dit tog so dat berigte oor tragedies, siektes, ekonomiese ineenstortings en dramatiese gebeure altyd die aandag trek. Katherine Hankey (1834-1911) was meer geïnteresseerd in…

Hardloop!

In die film Chariots of Fire, is een van die karakters, die legendariese Britse atleet, Harold Abrahams. Hy is desperaat om te wen, maar in ’n voorafgaande 100 meter wedloop, in voorbereiding vir die 1924 Olimpiese Spele, word hy deur sy opponent, Eric Liddell, geklop. Sy reaksie is diepe teleurstelling en wanhoop. Toe sy vriendin Sybil, hom probeer bemoedig, verklaar…

Die skietende bamboesbeer

In haar komiese boek, Eats, Shoots and Leaves, bekla Lynne Truss die probleem van swak punktuasie wat vandag in so baie geskrifte voorkom. Sy vertel die komiese verhaal van ’n bamboesbeer (panda) wat ’n kafee binnestap, ’n toebroodjie bestel, dit eet en dan ’n pistool uitpluk en begin skiet. Toe ’n kelner hom vra waarom hy dit doen, het die…

Stop en help

Dr. Scott Kurtzman, die hoof sjirurg van die Waterbury hospitaal in Con-necticut, was onderweg om ’n lesing te gaan aanbied toe hy op ’n verskriklike ongeluk afgekom het. Daar was 20 voertuie in die ongeluk betrokke. Die dokter het dadelik besef daar’s hulp nodig. Hy het deur die metaalstrukture geworstel en uitgeroep: “Wie het hulp nodig?” Nadat hy vir 90…